31 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 47

Josef stel sy broers en sy pa, Jakob, voor aan die Farao!
Hulle kry die land Gosen as deel om hulle vee, asook Farao s’n, op te pas.
Jakob seën die koning en so begin Genesis 12:1-3 se belofte aan Abraham tot vervulling kom.
As iemand Israel seën sal hulle geseënd wees.
Farao kry agv die hongersnood en Josef se administrasie van die kos, die hele Egipte as sy eiendom.
Sy vee word baie meer want die Egiptenare ruil dit vir kos, en die Israeliete pas dit vir Farao op.

Here, dankie dat U in moeilike tye die omstandighede so omdraai dat dit dan bo-natuurlik goed met U kinders gaan!
U is die Seën van Israel!