29 Oktober 2021

Dagstuk
Markus 2

“Nuwe wyn hoort in nuwe wynsakke”
Jesus wou die mense nuut laat dink en daarom het Hy wonders gedoen om Sy boodskap te bevestig!
Maar Sy nuwe “wyn” het steeds die ou manier van dink uitgedaag en kwaad gemaak!

Jesus se goeie nuus is altyd besig om ons uit te daag! Bly buigsaam genoeg om by Hom nuwe dinge te leer, maak nie saak hoe volwasse jy is nie!

Here, ons wil by U leer sonder om oud en hard, rigied, te raak!
Hou ons nuut in ons gees en denke!
U is ons Sabbat!
Ons rus in U!!