27 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 45

Die Psalmdigter besing een van die konings van Israel: dalk Dawid of Salomo.
Hulle beskryf ook hulle liefde, en moontlik een van hulle troues.
 Vir ons egter wat die Koning van konings dien, is die Psalm ñ beskrywing van ons, Sy Bruid se liefde en toewyding aan Hom!

Daarom kan ons nie anders as:
“Ek sal U naam bekendmaak deur die geslagte heen. Daarom sal volke U vir altyd prys.”
‭‭PSALMS‬ ‭45:18‬ ‭NLV‬‬
 
Here, ons Koning ons het U lief, en ons wil van U liefde vir almal vertel!!
U is ons Koninklike Bruidegom!!!