26 Oktober 2021

Dagstuk
Markus 1

Markus beskryf die begin van Jesus se bediening deur eers te verduidelik wie Johannes die doper was, Jesus se doop deur Hom, Vader se bevestiging van Sy Seun.
Daarna die versoeking, gevolg deur die dissipels se aanstelling en ‘n klomp wonderwerke, waaronder genesings en bevrydings.

Al het Jesus se bediening klein begin was dit skielik so groot dat Hy skares na Homself toe gelok het deur Sy wonders en Sy leringe!

Sou jy nie ook kilometers vêr gestap het om na Hom te luister nie?
Gelukkig is Sy Heilige Gees nou in ons!!

Here, dankie dat U ‘n bediening begin het soos ons almal ‘n besigheid, ‘n werk, ‘n gesin, ‘n onderneming, van niks af begin.
U weet wat dit is om te sukkel in die begin van dinge!
U is ons Begin en ons Einde!