24 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 45

In trane openbaar Josef homself aan sy broers.
Hulle moes so geskok gewees het om te hoor dat die Egiptiese amptenaar, Hebreeus kan praat.
Hulle vrees het hulle oorweldig want hulle het gedink Josef gaan wraak neem, maar hy het besef dat alles in die Here se plan tot redding van sy hele familie was!
Daarom laat hy sy pa na Egipte kom, om hom te versorg.

Here, ons besef U is in beheer en al gaan ons deur slegte tye, is dit baie keer sodat U ons later kan versorg.
U is ons Vader.