23 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 44

Die Psalmdigter besef dat dit die Here was wat hulle altyd gehelp het in hul oorloë teen die Kanaäniete toe hulle die land ingeneem het!
Hy het vir hulle die oorwinning gegee!
Maar nou kry hulle swaar omdat hulle teen God kies en Hy dus (soos hulle kies) hulle nie help nie. Nou ly hulle nederlae!

Hou jou hart teenoor die Here reg:
“sou God dit nie weet nie? Hy ken immers die geheime van die hart.”
‭‭PSALMS‬ ‭44:22‬ ‭NLV‬‬
Ons het nodig dat Hy aan ons kant veg!

Here, dankie dat U vir ons veg!
Ons wil U altyd bly dien, moet asb nie U teenwoordigheid van ons wegneem nie!
U is ons Vegter!