22 Oktober 2021

Dagstuk
Romeine 16

Paulus groet en seën sy vriende in Rome aan die einde van sy brief.
Priscilla en Akwila staan altyd vir my uit.
Want al is daar ‘n gemeente in hulle huis in Rome, het hulle Paulus ook in Korinte gehelp, maar so ook vir Apollos in Efese, vir Timoteus en baie ander kerkleiers in die eerste eeu na Christus!

Here, dankie vir vriende wat ons broers en susters in Christus is!
Help ons om soos Paulus ons vriende te erken en te bemoedig!
U is ons Vader.