20 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 43

“Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei. Laat dit my bring na u heilige berg, na die plek waar U woon.”
‭‭PSALMS‬ ‭43:3‬ ‭NLV‬‬

Die Psalmdigter vra vir Lig en Waarheid:
Eintlik bid hy vir die Messias sonder dat hy dit weet, want toe Christus (Messias) opdaag, toe noem Hy Homself die Lig en die Waarheid wat ons in die Vader se teenwoordigheid in lei!

Here, in al ons omstandighede, lei ons asb met U Lig en U Waarheid!
Dankie vir die Lig van die Heilige Gees in ons en die Waarheid van U woord wat ons dag rig!
U is Lig en Waarheid!