19 Oktober 2021

Dagstuk
Romeine 15

Ons moet ander medegelowiges belangrik ag, en hulle hanteer soos ons hanteer wil word.

Bid dus vir mekaar Paulus se seën toe:
“Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word, deur die kragtige werking van die Heilige Gees.”
‭‭ROMEINE‬ ‭15:13‬ ‭NLV‬‬

Here, ons verwagting is om U te verheerlik, ook deur ons verhouding met ander.
Help ons asseblief om ander spesiaal te laat voel.
U is die Een wat vrede gee!