18 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 43

Jakob se seuns keer noodgedwonge weer terug na Egipte met Benjamin soos Josef dit beveel het.

Hulle eet in Josef se paleis, nadat Simeon vrygelaat is.
Daar kniel hulle voor hulle broer, net soos die droom van vroeër jare gesê het hulle sou doen.

Here, U is in beheer van ons lewens!
U laat alles tot vervulling kom. Wat U gesê het sal gebeur, in U tydsberekening en nie ons s'n nie!
U is altyd in tyd!