16 Oktober 2021

Dagstuk
Romeine 14

In die kerk is daar verskillende geloofsoortuigings: een gelowige is oortuig dat sekere kos of drank of selfs optrede van ñ aard verkeerd is.
Dis hoe die Heilige Gees hom of haar oortuig van sonde, sodat hulle heiligmaking in hulle lewens kan beoefen, maar die volgende gelowige langs hom het dalk nie dieselfde oortuiging nie.

Albei moet mekaar respekteer:
Die eerste deur nie hul eie siening van wat reg is vir hulle op ander af te dwing nie, en die tweede deur nie hul vryheid so te beoefen dat dit vir ander gelowiges ñ las of struikelblok word nie.
Dus, doen alles uit jou EIE geloogsoortuiging!
Moenie reëls maak van jou oortuiginge nie!
En moenie soveel kontroversiële goed doen wat ander in die kerk kwaad maak nie.

Here, dankie dat ons verhouding met U elkeen uniek is!
Dankie dat U ons verskillend oortuig oor hoe om te leef.
Help ons om nie ander te dwing om te leef soos ons leef nie, maar eerder ñ positiewe voorbeeld te wys van hoe U leef en, dan moet hulle U self wil volg.
U is ons Leier!