15 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 42

Die hongersnood wat Egipte en omgewing getref het, het Jakob se 10 seuns Egipte toe gedryf.
Daar kniel hulle voor Josef, soos in die droom wat hy gehad het.
Hy verstaan hulle egter, maar het ñ ander plan, daarom dring hy aan om Benjamin te sien.

Die broers besef dat die gevolge van hulle sonde teen Josef hulle nou inhaal, maar hulle besef letterlik nie hoe dit gebeur nie.

Here, vergewe ons asseblief ons sonde teenoor U en ander, en help ons om die gevolge steeds te kan hanteer.
U is Regverdig!