13 Oktober 2021

Dagstuk
Romeine 13

Al stem ons nie vir die huidige regering nie moet ons steeds gehoorsaam aan hulle wees en vir hulle bid.

Paulus skryf hierdie opdrag aan die Romeinse gelowiges en aan ons: Nero, een van die boosste keisers van alle tye, het toe regeer.

Deel van ons liefde aan ander is om ons skuld te betaal en vir ander ons liefde te wys.

Here, dankie dat U regerings aanstel en verwyder soos wat dit in U groter prentjie inpas! U is in beheer en daarom onderwerp ons onsself aan U deur die regering te respekteer, al is hulle korrup of boos of nie Goddelik nie.
U is ons Koning!