12 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 41

Die Here gee vir Farao ‘n droom wat Josef met die Here saam kon uitlê.
Josef stop egter nie net by die uitleg nie, maar kom ook na vore met ‘n goeie ekonomiese plan vir Egipte om ‘n hongersnood te oorleef.
As die Alwyse Here in ons woon, gee Hy ons planne wat die wêreld stom laat staan.

Here, dankie vir U kreatiewe Heilige Gees in ons!
Help ons elkeen in ons werk situasies om Goddelike planne en strategieë uit te dink.
U is ons Toekoms!