11 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 40

Dawid, en ons, is so bewus van ons swakhede en tekortkominge, maar die Here…!
“Maar mag almal wat U dien, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat by U hulp soek, voortdurend sê: “Die Here is groot!””
‭‭PSALMS‬ ‭40:17‬ ‭NLV‬‬

Besef dat dit die Here is wat jou deur genade red!!!

U is groot!
Here, ons wil in U kom wegkruip; skuiling soek teen Satan en sy versoekinge!

Dankie dat U ons Rots is in wie ons skuil!