10 Oktober 2021

Dagstuk
Romeine 12

Liefde is waaroor hierdie wonderlike hoofstuk gaan!
Ons is veronderstel om onsself as ‘n offer vir die Here aan ander mense te gee, deur vir hulle lief te wees op die manier wat Paulus hier beskryf!!
Dit is dan die goeie dinge wat ons doen wat die bose oorwin!
Dalk is dit effektiewer geestelike oorlogvoering as baie gebede?

Here, help ons om self-opofferend lief te hê en nederig ander mense te dien deur hulle hoër te ag as onsself.
U is Liefde!