9 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 40

“Om drome te verklaar is die werk van God” - Josef

Die Here gee die dromer, Josef, ‘n kans om drome van ander uit te lê.
Hierdie was in voorbereiding vir die droom van Farao wat hy sou moes uitlê.

Josef doen wat die Here vir hom sê om te doen, al word hy deur sy broers verraai en verkoop, al word hy valslik gestraf, en al word hy vergeet in die tronk deur die skinker.

Here, ons dien U, nie mense nie! Al is ons goed vir mense, vergeet hulle somtyds van ons, maar U onthou ons altyd!
U is die Waarmaker van ons drome!