8 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 39

Dawid het besef dat ons lewens eintlik maar soos 'n asem is!
Ons is verganklik, maar ons dien 'n Ewige God!
Hy kan ons laat lewe:
Hy kan ons nou in volheid laat lewe en dit laat geniet deur dit 'n doel te gee.
Hy kan ons die ewige lewe gee sodat ons nie verganklik hoef te wees nie!

Here dankie dat ons sal lewe al sterf ons ook!
U is ons Lewe!