6 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 39

Die Here was met Josef!
Daarom seën hy Potifar se huis en later die tronkbewaarder, omdat Josef daar is.
Josef dra die teenwoordigheid en salwing van die Here, wat ook aantreklik vir die wêreld is.
As Potifar se vrou Josef daarom wil verlei, vlug die jongman letterlik van die versoeking af weg!

As versoekinge kom: Hardloop!

Here, dankie dat U ons steeds seën al gaan ons deur donker tronk-tye. Al is ons dalk onskuldig, is U besig om ons te vorm, want U is ook daar by ons!
U is ons Toevlug!