5 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 38

Sover ek weet was Dawid nooit so beseer of siek soos wat hy hier in die Psalm skryf nie, en daarom dink ek praat hy eerder van hoe sonde hom laat voel.
Dit laat hom voel soos iemand met erge beserings, pyn en koors!

Dawid besef hy het die vergifnis van die Here nodig! Die genade van die Here, ten spyte van sy sonde!

Here, Dawid het oor en oor gebid dat U hom nie moet verlaat nie!
Dankie vir U Heilige Gees IN ons!
U is die Een by ons!