4 Oktober 2021

Dagstuk
Romeine 10

Al is die Jode die volk van God, is daar steeds net een manier van redding vir hulle: Jesus!
“Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.”
‭‭ROMEINE‬ ‭10:9‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat ons U kan volg met geloof en so seker kan wees van ons ewige lewe saam met U!
Here, vandag het ek die voorreg om my jongste dogter te trou!
Wees U asb teenwoordig!
U is die God van gister, vandag en more! U bly Getrou!