3 Oktober 2021

Dagstuk
Genesis 38

Die interessante storie van Juda en Tamar wys op die feit dat die Here selfs hierdie slegte omstandighede gebruik het om ‘n nageslag te verwek waaruit Jesus gebore sou word!
Die Here kan iets goeds uit ons foute en slegte situasies na vore bring.

Mag ons ook hieruit leer om nie ander te veroordeel nie!

Here, U genade is so groot dat U besluit het om Juda ‘n Stamvader te maak, foute en al.
U is Genade!