2 Oktober 2021

Dagstuk
Psalm 37

“Wees stil en weet Ek is die Here!”
Hierdie “alfabet”-Psalm laat elke vers met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. (Dit gaan verlore in vertalings)… maar dis letterlik die ABC van die Here se getrouheid!

Vir ‘n verkiesingtyd wat voorlê in ons land, is die Psalm goed om ter harte te neem:
Hy laat reg geskied teenoor die bose en Hy bewaar die regverdiges!
“Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is.”
‭‭PSALM 37:23‬ ‭

Hy sê ook dat die kinders van die regverdiges nooit brood sal bedel nie!
Daarom sal ek NIE bedel nie (nie eers vir die grap nie).  Anders impliseer dit dat my pa nie ‘n regverdige was nie .
Hy was! Ek sal hom nie so beledig nie.

Here, dankie dat U ons getrou help en bewaar, veral as daar boosdoeners en korruptes is wat regeer!
U is Getrou!