30 September 2021

Dagstuk
Genesis 37

Die Here gee vir Josef profetiese drome oor sy toekoms en die Here se planne met hom, maar hy deel die planne met sy broers.
Soms sien jy iets, droom jy en hoor jy die Here oor jou toekoms. Wees dan versigtig met wie jy dit deel.
Ander is nie altyd só opgewonde oor jou woord nie, omdat hulle nie ‘n droom oor hulle lewe het nie.

Here, help ons om dit wat ons sien, droom en ervaar, in ons harte te bewaak, soos Maria gedoen het na sy haar Seun se bonatuurlike geboorte beleef het.
Here, maak ons wys met ons toekomsdrome!
U is ons Droom!