29 September 2021

Dagstuk
Psalm 36

In die Psalm maak Dawid ‘n duidelike onderskeid tussen die wat reg lewe en die goddelose boosdoeners.
Hulle lot verskil!
Jy is nie een wat in kwaad lewe nie, daarom seën die Here jou:
“Want by U is die fontein van die lewe, in U lig sien ons die lig.”
‭‭PSALM 36:10‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat ons lewe, en lewe in oorvloed kan geniet!
Dankie dat U ons soos regverdiges hanteer op grond van Jesus!
U is Goedheid en Lig!