27 September 2021

Dagstuk
Genesis 36

Esau word steeds geseën met die land Edom.
Al het hy nie veel gedink van sy eersgebore-reg nie en dit toe aan Jakob vir kos verkoop, word hy steeds met baie seuns (‘n volk op sy eie) en baie vee geseën, omdat hy Isak se seun is en omdat hy ten minste vir Isak ‘n seën vra.
Ek en jy moet ook vra dat die Here ons sal seën!

Here, dankie dat ons kinders van U genoem mag word! (Jn. 1:12)
Sal U ons seën met vrede, vreugde en voorspoed sodat ons meer effektief vir U kan getuig?
U is die God van Seën!