25 September 2021

Dagstuk
Romeine 7

Paulus beskryf hier die dilemma van ons as Christen gelowiges: ons weet, volgens die wet, wat reg en verkeerd is, maar steeds doen ons sonde.
Ons is in ‘n geestelike oorlogstryd vasgevang (Rom. 6:13) teen sonde.
Ons stryd om goed te doen, meer en meer, en minder sonde te doen, noem ons HEILIGMAKING!
Dis ‘n proses van nader aan die Here stap elke dag!
Die hoogtepunt is egter Rom. 8:1.

Here, dankie dat in ons besef van sonde, ons die goeie nuus hoor:
Daar is nou geen meer VEROORDELING vir die wie in Christus is nie!
U is ons Vryspraak!!