24 September 2021

Dagstuk
Genesis 35

Jakob word deur die Here gelei om weg te trek van Sigem na Bet-El waar hy die Here ontmoet het!
Daarna van Bet-El na Betlehem, waar Ragel sterf net na sy haar seun Ben-Oni noem!
Maar ‘n ongewone ding gebeur en die pa hernoem hom Benjamin (seun van my regterhand), want al het ma’s gewoonlik kinders vernoem, wou die pa nie die seun die naam laat dra: seun van smart nie!
Jakob trek toe verder na Hebron, na sy pa Isak toe. Voor Isak sterf het Jakob (Israel) eers by hom gaan bly.
So begin Israel die hele “Israel” bewoon!

Here, dankie dat U beloftes oor ons ja en amen is en dat U U plan met ons altyd in vervulling bring!
U is die Almagtige God!