23 September 2021

Dagstuk
Psalm 34

Verd 9 in die Engels sê:
“Taste and see that the Lord is good…”

Dawid besing die Here se goedheid hier omdat ons Sy redding ervaar, Sy voorsiening ondervind, Sy troue liefde deur Sy beskerming beleef!

Hoe wonderlik dat ons met al ons sintuie kan sien, hoor, proe, voel, en ja, selfs ruik: dat die Here goed is!

Here, dankie dat ek Romeine 8:1 raaksien in:
“Maar hulle wat die Here dien, sal Hy bevry. Nie een wat by Hom skuil, sal veroordeel word nie.”
‭‭PSALM 34:23‬ ‭NLV‬‬

“Daar is dus GEEN veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie!!!”
Here, U is ons Skuiling!