22 September 2021

Dagstuk
Romeine 6

Hoe wonderlik!
Ons is nie meer slawe van sonde nie!!!
In die geestelike oorlog waarin ons is, het ons oorwinning begin toe ons saam met Christus begrawe is met ons doop: dood vir sonde!
Ons staan ook saam met Hom op in ‘n nuwe lewe;
‘n nuwe lewe van reg doen en waar ons nie deur sonde beheer word nie!
Hierdie stryd teen sonde, en ons lewe van reg probeer lewe voor God, word heiligmaking genoem.
Al is ek en jy reg voor die Here (deur Jesus), moet ons elke dag steeds meer en meer soos Christus probeer leef!

Here, dankie dat U ons help in die stryd van Heiligmaking!
Ons wil tot U eer leef en reg doen!!
U is ons Ewige Lewe!