21 September 2021

Dagstuk
Genesis 34

Sigem, ‘n inwoner van die dorp Sigem, verkrag die dogter van Jakob en Lea, Dina!
Die seuns van Jakob, haar broers, onderhandel egter met die inwoners van Sigem ‘n huweliksooreenkoms:
Die mans van Sigem moet hulle laat besny!
Terwyl die mans nog in pyn was na hulle besnydenis, moor die broers die dorp uit en plunder die dorp tot hul eie voordeel.
Maar Jakob was onsteld met Simeon en Levi, die 2de en 3de oudste.
Hulle het Israel ‘n slegte reputasie gegee. Later vind ons uit dat die 2 en Rueben hul eersgebore reg verloor het en daardie guns val dus op die 4de seun: Juda.

Here, ons besef een sonde kan nie met ‘n ander een reggemaak word nie.
Verkragting was met moord beantwoord, maar U leer ons die wraak kom U toe nie ons nie!
U is ons REGVERDIGHEID!