19 September 2021

Dagstuk
Romeine 5

Die wonderlike evangelie: die Goeie Nuus word hier opgesom!
Ons almal is skuldig aan sonde vanaf Adam se sonde, maar in Jesus ons God wat mens geword het, sonder sonde en in ons plek kom sterf het vir sonde, is ons nou gered van die ewige dood!
Ons leef nou vir ewig saam met Christus en ons lewe voluit vir Hom!!!

Here, U is ons verlossing! Dankie dat U vir ons gesterf het, en vir ons ñ oorwinningsplan bewerk het!
Jesus U is ONS Here!