18 September 2021

Dagstuk
Genesis 33

Jakob ontmoet sy broer Esau na baie jare weer, en hy is totaal en al verras oor die hartlike ontvangs van sy broer wat hom op ñ stadium wou doodmaak.

Jakob koop grond in Israel, wel toe nog tegnies Kanaän!
Maar dis ñ baie belangrike gebeurtenis!
Later sou die hele land sy naam dra: Israel!

Here, ons besef ons moet nie die dag van klein beginne minag nie! (Sag. 4:10)
Elke klein begin seën U later in ñ groot guns as ons dit saam met U aanpak!
U is die God van Israel!