16 September 2021

Dagstuk
Romeine 4

“Die Skrif verklaar mos: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.””
‭‭ROMEINE‬ ‭4:3‬ ‭NLV‬‬
Op grond van ons GELOOF en nie op grond van enige goeie dinge wat ons doen of wette wat ons gehoorsaam nie, word ons gered omdat die Here ons vryspreek as Hy ons sien as totaal en al regverdig in Christus!

Geloof is verhouding met God: dis ‘n vaste wete en vertroue in Sy heerskapy oor jou lewe!

Here, dankie dat ons soos ons vader van geloof, Abraham, kan glo nog voordat ons met rituele van godsdiens begin!
Verhouding met U kom voor ons godsdiens met U!
U is ons Vryspraak!