15 September 2021

Dagstuk
Genesis 32

Jakob worstel met die Here soos hy worstel met die vrees of Esau hom en sy vroue en kinders gaan vernietig.
Is jy in ‘n stoeigeveg met iets waarvoor jy bang is, iets wat jou kan vernietig?
Kom ons vertrou die Here en vra Hom, kom ons los Hom nie voordat Hy ons seën nie!
Kom ons bly glo in Sy Redding!

Here HELP!
Ons sal bly stoei om te glo,  ons sal U bly vertrou vir uitkoms al is dit nie emosioneel of intellektueel maklik nie!
U is ons Verlosser!