14 September 2021

Dagstuk
Psalm 31

In hierdie Psalm besef ek dat Dawid deur tye van depressie en angs gegaan het.
Wat hy in v. 10-14 skryf, klink soos iemand wat erge angs beleef.
Maar tog weet hy dat die Here sy Rots is wat hom red.
Hy red ons van ons gemoedstoestand soos wat Hy ons red van ons vyand, Satan!
Die Here se beskerming is getrou: Hy hou ons veilig!

Here, dankie dat ons altyd na U toe kan hardloop vir hulp, beskerming en troos.
“In U hande gee ek my lewe oor” (v. 6)

U is ons troue Rots!