13 September 2021

Dagstuk
Romeine 3

Ons het ALMAL gesondig en ons almal mis die Here se heerlikheid, Jode en nie-Jode, ja almal.
Ons sonde hou ons van verhouding met die Here af weg!
Maar slegs deur ons geloof, niks van wat jy vir Hom doen nie, net GELOOF, maak ons vry!
“God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo.”
‭‭ROMEINE‬ ‭3:22‬ ‭NLV‬‬

Hierdie is die Goeie Nuus: die Evangelie!
Dat ten spyte van sonde die Here ons vryspreek as ons glo en ons dus dan red van die dood!

Here, dankie dat U ons sien asof ons nie meer sonde het nie (geregtig) voor U as ons met U in ‘n liefdesverhouding staan: dit is as ons glo!
U is ons Geregtigheid en Genade!