12 September 2021

Dagstuk
Genesis 31

Laban en Jakob se paaie skei.
Jakob word so deur die Here geseën dat dit Laban en sy seuns gefrustreerd los.
Jakob vlug letterlik met al sy goed.
Laban agtervolg hom om sy duursame afgode terug te kry wat Ragel gesteel het.
Ragel beleef ‘n vloek van dood oor haar bedrieglike optrede.
Laban seën egter vir Jakob eerder as om hom te vernietig, want hy word deur ‘n engel gewaarsku om niks aan Jakob te doen nie!

Here, dankie dat U ons bonatuurlik beskerm en seën!
U is die beskermer van Israel!