10 September 2021

Dagstuk
Romeine 2

Paulus beskryf ons hier as mense wat probeer leef volgens die oortuiging van ons gewetens en die wet, maar almal van ons skiet tekort! Al is dit net om te dink jy is beter as ander deur ander se sonde te veroordeel.
Die Here is vir ons so goed sodat ons deur Sy goeie genade tot bekering kan kom!

Elkeen van ons het ‘n besnydenis van die hart nodig: dis ‘n diep hartsbesluit om die Here lief te hê!

Here, help ons om nederig te besef ander se sonde is nie groter as ons s’n nie!
U is Goed!