9 September 2021

Dagstuk
Genesis 30

Jakob se kinders se geboortes word beskryf.
Daar was egter soveel seer onder Ragel, omdat sy nie kon kinders kry nie, en onder Lea omdat Jakob eerder by Ragel gebly het as by haar.
Gevolglik maak hulle dieselfde fout as Jakob se ouma, Sara, en gee beide hulle slavinne as vroue vir Jakob.
Let op dat die kinders van die twee persoonlike bediendes van Lea en Ragel, gesien word as die twee se kinders (hulle vernoem hulle) eerder as die biologiese ma’s s’n.

Jakob se rykdom word verder as net kinders uitgebrei: die Here seën hom ook met geweldig baie vee.
Al moes hy met ‘n interessante teelplan sy diere bekom.

Here, dankie dat U ons wysheid in ons werk gee!
Dankie ook vir kinders, maar mag ons met die pyn deel wat verwerping in ons lewens veroorsaak het.
U is ons Onderhouder!