8 September 2021

Dagstuk
Psalm 29

Dawid loof die Here se grootheid!
Sy stem wat alles geskape het hou ook alles in stand!
Met Sy stem hou Hy jou ook in stand.
Dit is daarom dat Dawid die Psalm eindig met die Here se krag en vrede wat Hy Sy volk gee!

Here, dankie dat ons U stem mag hoor!
Dankie dat ons daagliks die gevolge van U stem beleef!
U is die God van Heerlikheid!