7 September 2021

Dagstuk
Romeine 1

Paulus skryf aan die gelowiges in Rome oor:
“Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat Sy heilige Goddelikheid betref – Sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here!”
‭‭ROMEINE‬ ‭1:4‬ ‭NLV‬‬

Hy moedig hulle aan om reg te leef en nie in die sonde van die wêreld te verval nie!
Leef heilig, want die Here ons God is heilig! Lev. 19:2

Here, dankie dat U ons lief het net soos wat ons is, maar U het ons te lief om ons te los soos wat ons is!
U is Heilig!