6 September 2021

Dagstuk
Genesis 29

Die bedrieër word bedrieg. Jakob word deur sy oom Laban uitoorlê deur sy oudste dogter, wat moontlik nie ‘n man sou kry nie, vir Jakob te gee as vrou in Ragel se plek.
Die romanse tussen Jakob en Ragel wat by die put begin het toe Jakob haar gehelp het, word egter voortgesit as hy haar ook as vrou, ‘n week later as Lea, kry en dan nog 7 jaar vir haar ook moet werk.

Lea se 1ste 3 seuns was haar fokus op haar man se liefde (hy het Ragel meer liefgehad) en jy sien dit in Ruben, Simeon en Levi se name, maar met haar 4de seun besef sy haar afhanklikheid van die Here en daarom noem sy hom Juda: Prys die Here!

Here, help ons om op U te fokus en nie op gebroke en feilbare mense nie!
Ons wil U tevrede stel bo almal!
U is ons Beminde!