4 September 2021

Dagstuk
Matteus 28

Jesus het opgestaan!
Hy leef!
Hy het die dood oorwin!
Watter wonderlike nuus is dit nie?!
Jesus se opstanding word bevestig, deur Sy verskyning op verskillende tye aan baie mense op unieke maniere: van die vroue, Emmausgangers wat saam met Hom reis, die dissipels wat saam met Hom eet, tot 500 (1Kor. 15:3-8) wat Hom hoor lering gee.

Ons moet dus Sy laaste opdrag gehoorsaam:
“Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.”
‭‭MATTEUS‬ ‭28:19‬ ‭NLV‬‬


Here, dankie dat U die dood oorwin het, en ons daarom ook kan en dus ewig sal lewe!
Mag ons die goeie nuus aan ander ook bly vertel!
U is getrou,
U is die Opstanding!