3 September 2021

Dagstuk
Genesis 28

Jakob word deur sy pa en ma na sy oom Laban toe gestuur om ‘n vrou te gaan soek.

Jakob ontmoet egter die Here op sy reis na sy oom se huis, by Bet-El.
Die Here bevestig die verbond wat Hy met Abraham en Isak gehad het hier met Jakob, en so weet die jongste van die twee broers dat die Here hom gekies het om die seën van Abraham te dra.
Daarom vra hy ook of hy kan terugkeer na sy tuiste en belowe dan ook, soos met enige verbond, iets van sy kant af. Al is dit onnodig, wys dit steeds respek. Jakob belowe om ‘n tiende van alles wat hy het en gaan kry a.g.v. die Here se seën op sy lewe, aan die Here te gee.

Here, dankie dat U ons seën soos Jakob geseënd was!
Dankie dat ons met U in ‘n ewige verlossingsverbond staan!
Here, daarom wil ons soos Jakob ook ons tiende vir U gee!
U is ons Verbondsgod!