1 September 2021

Dagstuk
Matteus 27

Jesus word deur Pilatus verhoor en onskuldig bevind, maar lewer Hom uit omdat hy bang is vir die oproerige skade.
Elke soldaat wat Jesus spot, spoeg en slaan, ken Jesus, want Hy het hulle geskep en gevorm. Hy sou oor hulle elkeen kon profeteer as Hy sou wou.
Sy kruisiging in 3 ure se donkerte, en die voorhangsel wat skeur, en die grafte wat oopgaan met die aardbewing tydens Sy dood, het selfs die ongelowige Romeinse soldate geskud.
Josef van Arimitea begrawe Jesus haastig voor die Sabbat aanbreek.
Tog oortuig die Sanhedrin se priesterhoofde vir Pilatus om die graf vir 3 dae met ‘n soldaat te bewaak.

Mag ek en jy nie soos die mense van Sy tyd die impak van Sy kruisiging mis nie!

Here, dankie dat U die pyn, vernedering en angs van die kruis vir elkeen van ons verduur het!
U is die Messias!