31 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 27

Jakob ontvang die eersgeborene se seën van welvaart en guns nadat hy sy pa, die blinde Isak, bedrieg het deur homself as Esau voor te doen.
Rebekka het haar jongste seun gehelp in die kullery van Isak, deur Jakob soos Esau te laat voel en ruik.
Soos baie ander kere in die Ou Testament is die gevolg dat die ouer een van die broers die jonger een sal dien.
Vir baie jare daarna het die Edomiete, die nageslag van Esau, die Israeliete, Jakob se kinders, gedien.
Herodus wat geheers het as die koning van die Jode in die tyd van Jesus (die ware Koning van die Jode), was ‘n Edomiet. Hy was dus nie ‘n afstammeling van Jakob nie (Jesus was), maar van Esau.

Here, dankie dat as U ons seën is ons ‘n seën tot ander, en as ander ons dan seën sal hulle geseënd wees!
U is ons Guns en Voorspoed!