30 Augustus 2021

Dagstuk
Psalm 26

Ons is, soos Dawid hier beskryf, heeltemal geregverdig en onskuldig, bloot op grond van die bloed van Jesus wat as offer ons verhouding met die Here herstel!

Dawid het verstaan dat sy offer (wat vooruit gewys het na Christus) hom reggemaak het met die Here, en dus kon hy verhouding hê met die Here!

Here dankie dat U ons sien sonder sonde, omdat Jesus sonde en skuld se gevolge op Hom geneem het en daarom kan ons vanoggend met vrymoedigheid met U in verhouding staan!
Ons het U lief!
U is ons Offer vir sonde en die las van skuld.