29 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 26

Jesus word gesalf vir Sy dood.
Hy bedien Sy dissipels in die bokamer, maar Judas Iskariot verraai die Here vir 30 silwerstukke; die prys wat mense vir ‘n slaaf betaal het.
In Getsemane bid die Here benoud dat die beker van lyding by Hom verby sal gaan, maar die 3 wat Hy saamgeneem het as getuies het aan die slaap geraak, dalk sodat hulle nie saam met Hom kon stem nie.
Jesus word gearresteer en na Kajafas se huis gevat.
Daar vind hulle Hom skuldig aan laster omdat Hy erken Hy is die Messias!
Hulle begin Hom mishandel.
Petrus ontken en verloën Jesus deur te vloek om nie soos een van Sy manne te klink nie.

Here, help ons om by U in gebed te bly, U nie te verraai en te verloën nie, maar U entoesiasties te bly volg!
Dankie dat U die Messias is!