28 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 26

Die lewe van Isak word beskryf.
Hy was soos sy pa, iemand wat konflik wou vermy, daarom het hy soos Abraham sy vrou 2 keer as sy suster voorgestel aan die koning en die Filistyne waar hul vir die hongersnood veilige hawe gaan soek het.
Sy vredeliewende geaardheid kom ook na vore as hy nie oorlog maak oor putte wat hy laat grawe het nie, maar eerder net nog putte grawe!
Ook die vredes-verdrag wat hy met Abimelek sluit laat my dink aan:
Salig is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word! Matt 5:9

Here dankie dat ons nie hoef te veg en te stry om deur die lewe te gaan nie, maar U wil ons in vrede en vreugde (Isak) laat leef.
U is die Vredevors!